Rolbal inter distrik

‘n Groot DANKIE aan Spur, Slater gyms en ander helpers!

‘n Groot DANKIE aan Spur, Slater gyms en ander helpers!

Die Sedibeng Rolbal Inter Distrik “B” span het onlangs by die El Paso Spur in Vanderbijlpark bymekaar gekom om dankie te sê vir die Spur se bydrae tot die span se toer dié jaar.  “Baie dankie aan  Rita Beneke en haar span van die Spur-groep,” sê die rolbalspelers.

 

Dina Kymdell vertel meer oor hul rolbalgroep:

“Ons is 8 dames en 8 mans wat gekies is om in April 2016 aan die Inter-Distriktoernooi  in Port Elisabeth deel te neem. Daar gaan ons  vir 5 dae teen 9 ander provinsies speel. Dit is vir ons ‘n groot voorreg om gekies  te word, en om ons distrik te verteenwoordig in dié groot toernooi, maar ons is ‘n baie klein distrik, die kleinste in die land. Ons moet op ons eie onkostes die toernooi bywoon. Dit is die rede waarom ons die Spur genader het vir  n bydrae en die Spur was meer as bereid om Sedibeng by te staan. Spur se logo gaan dus ook op ons nuwe hemde verskyn. “Ons sê baie dankie vir die Spur se goedhartigheid om ons spannetjies by te staan. Dit help ons baie.

“Dan sê ons ook baie dankie aan Bill Slater van Slater Gyms vir sy bydrae in die aankope van ons nuwe hemde. Dankie ook aan Faraday Pup en Big Bull Meat vir hulle bydrae. Hulle logo’s kom ook op die hemde. Ons sien baie uit daarna en ons kan nie wag nie. Ons gaan ons uiterste bes doen en dit net ten volle geniet.”

Die Sedibeng Rolbal Inter Distrik “B” spanne is ook soos volg.

 

Dames Span 1                                                 Span 2

Skip:              Sonti Rampa                            Skip:           Dina Kymdell

Third:            Natasha Cooke                      Third:          Sha Redfern

Second:       Bets Farquhar                         Second:     TBA

Lead:            Melita De Lange                     Lead:           Anna Labuschagne

 

 

Mans Span 1                                                   Span 2

Skip:             Alan Wilson                               Skip:         Attie Kok

Third:          Dave Hickenbottom              Third:       Norman de Goede

Second:      Eldred Rudman                        Second:   Jimmy Beaton

Lead:           Hennie Bierman                       Lead:        Johan de Lange

Exit mobile version