Ons kroos is broos

Ons leef in ‘n era van opwinding, tegnologie en kits-alles. Dit is dus geen wonder dat ons in ‘n tyd leef waar ons as die angstigste generasie tot nog bestempel word nie. En dit gaan nie verbeter nie. Die pas van die lewe, sosiale media en die feit dat die skeidslyn tussen werkstyd, gesinstyd en …

Ons leef in ‘n era van opwinding, tegnologie en kits-alles. Dit is dus geen wonder dat ons in ‘n tyd leef waar ons as die angstigste generasie tot nog bestempel word nie.
En dit gaan nie verbeter nie. Die pas van die lewe, sosiale media en die feit dat die skeidslyn tussen werkstyd, gesinstyd en eie tyd begin verweer, help ook nie.
Gebeure gedurende die afgelope week het die ratte in my kop weer laat inskakel en draai. Hoewel die meeste selfmoordpoings volgens statistiek wêreldwyd meestal in die lentemaande plaasvind – en nie oor die feestyd soos die meeste mense dink nie – is die jeug steeds hierdie tyd van die jaar baie kwesbaar.
Swak rapporte kan tot depressie, angs, selfhaat en ja, selfmoord, lei.
Ouers is meer gespanne en weens ‘n gebrek aan beroepsveiligheid, werkloosheid en baie ander sosio-ekonomiese faktore is ouers en veral ma’s noodgedwonge dus meer beroepsgeoriënteerd.
Op Facebook, Tik-tok en Instagram word die weelde en sogenaamde sukses van mense in jou keel afgeforseer. Die aantal volgelinge wat jy het en wat mense van jou dink, oorskadu die belangrike dinge in die lewe. Kinders en selfs grootmense word geboelie. Los bietjie jou slimfoon op laaier en let op na jou medemens. Jy mag miskien net ‘n lewe red.
Die legendariese Bruce Lee het gesê: “Instead of buying your children all the things you never had, you should teach them all the things you were never taught.”
Gebruik hierdie feestyd die geleentheid om op te let na jou gesin en familie se welstand. Leer jou kinders hoe om terugslae in die lewe te hanteer en maak seker dat goeie rolmodelle in oorvloed in hul lewens is.
‘n Swak rapport is beslis nie die einde van die wêreld nie, mits jy die regte ondersteuning en vaardighede het. Wees ‘n steunpilaar.

Exit mobile version