VANDERBIJLPARK – Die Driehoek Netbal Aandreeks wat van 14 tot 16 April by die Hoërskool Driehoek aangebied is, het uit sy nate gebars.
Met 57 spanne wat gesamentlik aan die junior en senior toernooi deelgeneem het, voorsien Amanda Dreyer, die organiseerder van die Driehoek Aandreeks, dat die reeks verleng sal moet word om al die spanne te akkommodeer.
In die junior- en senior afdeling het Driehoek se o14-netbalspan en eerste netbalspan koning gekraai. In die Intermediêre- en gemengdespan-afdeling is die Net Setters en Retaliate as die wenners gekroon.