News

Midvaal-brandweermanne skitter in Mosselbaai

Hulle het uitstekende resultate behaal.

*Die storie het eerste in ons gedrukte koerant verskyn. Kry ons koerant op Vrydae vir al die jongste nuus.

MEYERTON – Brandweermanne van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit het weer gewys waarom hulle as van die beste brandweermanne in die land geag word toe hulle tussen 26 en 28 September aan die Toughest Firefighter Alive uitdaging by De Bakke in Mosselbaai deelgeneem het.

Tertius Engelbrecht, ‘n stasieoffisier by die brandweerstasie in Meyerton wat pas van die Wêreld Brandweer Spele in Aalborg, Denemarke teruggekeer het, het weereens geskitter en ‘n algehele derde plek in die kompetisie in Mosselbaai behaal.

Midvaal se Industrial Fire and Hazard Control-span het ‘n tweede plek in die spankompetisie vir brandbestryders oor 40 jaar behaal, terwyl Midvaal se Span 1 ‘n tweede plek in die ope-afdeling en Midvaal se Span 2 ‘n agtste plek uit 32 spanne behaal het.

Die brandweermanne het ook in die individuele afdeling geskitter. Magnificent Makhoane het ‘n tweede plek in sy ouderdomskategorie (18 – 29) behaal.

Thomas Mudzuli, Martin Mokgatle, Nico Gouws en Johannes Moreba het onderskeidelik die vierde, vyfde, 11de en 12de plekke in hul ouderdomskategorie (35 – 39) behaal.

Tertius Engelbrecht en Glen Bellingan het onderskeidelik die tweede en 20ste plekke in hul ouderdomskategorie 40 – 44 behaal, terwyl Morne Mommsen ‘n vyfde plek in die ouderdomskategorie 50 – 55 behaal het.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button