News

VIDEO: Dokkies dis ‘n sukses op tydens Griekse aand

Dit was so Grieks as wat kan kom.

MEYERTON – Die Hoërskool Dr. Malan se Graad 12 gasvryheidstudies-leerders het in die derde kwartaal onder leiding van mev. Chantel Pretorius en Sjef Wilmarie Bronkhorst ‘n Griekse aand by Malanfique, die Hoërskool Dr. Malan se restaurant, aangebied.

Leerders is ook tydens die aand, wat verlede maand gehou is, beoordeel vir gasvryheidstudies.

Gaste is met aankoms getrakteer met heerlike alkoholvrye verwelkomingsdrankies, insluitend vrugtestroop met Lemonade, tsitsibira (tradisionele Griekse gemmerbier) en sitrus suikerstroop met Lemonade.

Daarna was dit tyd vir die hors d’ oeuvres wat in hierdie geval gekrummelde garnale met tirokroketes en ‘n mini hoendershawarma met tzatziki was.

Die voorgereg was ‘n besonderse mezze bordjie, gevolg deur ‘n tussengereg – ‘n vlammende granaatsorbet.

Thaddeus Scheepers, ‘n gasvryheidstudies-leerder, met die hoofgereg, oondgeroosterde Griekse lam met balsamiese sous, aartappelrose en geroosterde groente. Foto: Christiaan Cloete

Die hoofgereg was ‘n oondgeroosterde Griekse lam met balsamiese sous, aartappelrose en geroosterde groente. Die nagereg was baklava kaaskoek – en asof dit nie genoeg was nie, is gaste boonop daarna bederf met koffie/tee en loukoumi.

Die Graad 12’s het hul gaste met heerlike Griekse geregte betower en het hulle uitstekend van hul taak gekwyt. Dit was waarlik geregte van top gehalte.

Jordan Peterson skink wyn vir die foto. Foto: Christiaan Cloete
Jolene Viviers, Chanelle Grobler en Vanessa du Toit in die kombuis. Foto: Christiaan Cloete
Simone Jordaan, die maître d’hôtel, saam met Sjef Wilmarie Bronkhorst. Foto: Christiaan Cloete
Nicky Claassen, Thaddeus Scheepers, Christopher Wide en Nico Mostert het in die kombuis die kospotte laat sing. Foto: Christiaan Cloete
Raylene Aggenbach bedien vir Yolandie Coetzer tydens die Griekse aand. Foto: Christiaan Cloete

 

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button