Hoor jy die magtige dreuning?

Dit was omtrent 'n gesig om te aanskou toe honderde motorfietse hul weg van Boksburg na Vanderbijlpark gevind het.

VANDERBIJLPARK – Motoriste wat Sondag vroegoggend op die R59 tussen Boksburg en Vanderbijlpark gereis het, sou die uitsonderlike gesig gesien het.

Meer as 500 motorfietse het saamgery onder begeleiding van nasionale verkeersbeamptes op motorfietse.

Die geleentheid was die jaarlikse Gauteng Annual Run met die tema Bikers Lives Matter.

Die massa ryers het by Harley Davidson Gold Rand, Boksburg vergader en vandaar hul reis na die Vaaldriehoek aangepak.

Die ellelange stoet het uiteindelik hul weg na Vanderbijlpark op die Barrage pad gevind tot hulle afgedraai het in die rigting van die Centurions MC Vaal se klubgronde in Shakespearestraat.

Die gedreun van die motorfietse kon van ver gehoor word. Na die massarit is daar verder by die Centurions MC Vaal klubgronde gekuier.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version