Voertuig vat vlam na botsing met kragboks

Die voertuig het uitgebrand nadat dit 'n kragboks getref en omgeslaan het.

OPDATERING – 15:20 – 2024/10/07

Vaalweekblad kan bevestig dat een persoon noodlottig in die ongeluk beseer is en dat een persoon na ‘n hospitaal geneem is vir behandeling. Laasgenoemde persoon is in ‘n stabiele toestand.

————————————————————————————————————————————————————-

VEREENIGING. – Die polisie, brandweer en nooddienste is op ‘n ongelukstoneel in Voortrekkerstraat waar ‘n voertuig aan die brand geslaan het nadat dit ‘n kragboks getref het.

Vaalweekblad verneem ‘n vragmotor en verskeie ander voertuie was by die ongeluk betrokke.

Die pad is afgesper terwyl die polisie, brandweer en nooddienswerkers hul werk op die toneel verrig.

Motoriste word gevra om die gebied te vermy.

*Hierdie is ‘n ontwikkelende storie. Vaalweekblad sal later meer breedvoerig berig sodra ons meer inligting ontvang.

Die ongelukstoneel in Voortrekkerstraat. Foto: Christiaan Cloete
Die kragboks is uit die grond uit gestamp. Foto: Christiaan Cloete
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version