News

Voertuig vat vlam na botsing met vragmotor

Die voertuig het uitgebrand nadat dit 'n kragboks getref en omgeslaan het.

OPDATERING – 15:20 – 2024/10/07

Vaalweekblad kan bevestig dat een persoon noodlottig in die ongeluk beseer is en dat een persoon na ‘n hospitaal geneem is vir behandeling. Laasgenoemde persoon is in ‘n stabiele toestand.

————————————————————————————————————————————————————

VEREENIGING. – Die polisie, brandweer en nooddienste is op ‘n ongelukstoneel in Voortrekkerstraat waar ‘n voertuig aan die brand geslaan het nadat dit deur ‘n vragmotor getref en toe met ‘n kragboks gebots het.

Vaalweekblad verneem ‘n vragmotor en verskeie ander voertuie was by die ongeluk betrokke.

Die pad is afgesper terwyl die polisie, brandweer en nooddienswerkers hul werk op die toneel verrig.

Motoriste word gevra om die gebied te vermy.

*Hierdie is ‘n ontwikkelende storie. Vaalweekblad sal later meer breedvoerig berig sodra ons meer inligting ontvang.

Die ongelukstoneel in Voortrekkerstraat. Foto: Christiaan Cloete
Die kragboks is uit die grond uit gestamp. Foto: Christiaan Cloete

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button