News

VIDEO: Oomblik toe vragmotor ligte voertuig tref, saamsleep

'n Man het in sy voertuig verkool.

VEREENIGING – Die ongeluk in die middestad het Maandagmiddag tot die dood van ‘n man gelei.

Lt. kol Mavela Masondo, ‘n polisiewoordvoerder, sê die polisie ondersoek ‘n saak van strafbare manslag nadat ‘n man in sy voertuig, wat tydens die ongeluk omgeslaan en toe aan die brand geslaan het, verkool het.

‘n Vragmotor en verskeie voertuie was by die ongeluk betrokke.

Lees oorspronklike berig hier.

Op ‘n video van die voorval kan mens sien hoe die vragmotor met ‘n voertuig bots en dan die voertuig saamsleep.

Omstanders het Maandagmiddag probeer om die vlamme op die ongelukstoneel geblus te kry voor die brandweer by die toneel opgedaag het.

Die lewe van die insittende kon egter nie gered word nie.

Die ongelukstoneel in Voortrekkerstraat. Foto: Christiaan Cloete
Die kragboks is uit die grond uit gery. Foto: Christiaan Cloete

 

 

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button