News

Brandweerman Tertius maak SA trots in Denemarke

Hy het onlangs Suid-Afrika by die ‘Olimpiese Spele vir Brandbestryders’ verteenwoordig.

*Die storie het eerste in die gedrukte weergawe van Vaalweekblad verskyn. Koop ons gedrukte koerant op Vrydae vir al die jongste nuus.

MEYERTON – ‘n Brandweerman van dié dorp het Suid-Afrika se naam hoog gehou toe hy onlangs aan die Wêreld Brandweer Spele in Aalborg, Denemarke deelgeneem het.

Tertius Engelbrecht, ‘n brandweer offisier van Midvaal Plaaslike Munisipaliteit, het ‘n indrukwekkende 12de plek in sy ouderdomskategorie behaal.

Tertius het in die kategorie vir brandweermanne tussen 40 en 44 jaar deelgeneem.

Hy het ook algeheel 56ste uit 210 deelnemers geëindig.

Die kompetisie, wat as die ‘Olimpiese Spele vir Brandbestryders’ bekend staan het tussen 7 en 14 September plaasgevind, met meer as 3 000 brandweermanne van regoor die wêreld wat aan die kompetisie deelgeneem het.

Tertius was een van slegs 11 brandweermanne in Suid-Afrika wat gekies is om die land by die kompetisie te verteenwoordig.

Die Suid-Afrikaanse span het volgens Tertius in geheel goed gevaar, met vier SuidAfrikaners wat in die top 100 geëindig het.

Die Suid-Afrikaanse span het ook twee bronsmedaljes en een silwermdalje tydens die kompetisie ingepalm.

Tertius is reeds die afgelope 20 jaar ‘n toegewyde brandbestryder en het al by baie plaaslike kompetisies uitgeblink, soos in 2023, toe hy ‘n eerste plek in die Toughest Firefighter Alive-kompetisie in Mosselbaai behaal het.

In 2022 het hy ‘n derde plek in dieselfde kompetisie behaal.

Tertius Engelbrecht.

You can read the full story on our App. Download it here.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button