Mnr. en Mej. Dokkie 2024 gekroon

Die skoonheidskompetisie is ‘n jaarlikse hoogtepunt in Meyerton.

MEYERTON. – Luka Pretorius en Emma Healy is Woensdagaand (18 September) tydens ‘n glansryke geleentheid met ‘n lugvaart tema in die Hoërskool Dr, Malan se skoolsaal as Mnr. en Mej. Dokkie 2024 gekroon.

Emma volg in die voetstappe van haar ma, Erika Healy (née Theron), wat in 1998 ook as Mej. Dokkie gekroon is.

Emma het die koppe laat draai in haar goue aandrok. Foto: Christiaan Cloete
Luka het die gehoor se harte gesteel met sy towerkunsies. In die agtergrond kyk sy metgesel Daniel Mostert, in haar blou aandrok, geammuseerd toe. Foto: Christiaan Cloete

Luka, seun van rdh. Phil Pretorius van die Midvaal Plaaslike Munisipaliteit, is onlangs ook as die skool se hoofseun vir 2025 verkies. (Verlede jaar se Mnr. Dokkie Xander Anley is toevallig ook as Mnr. Dokkie aangewys in dieselfde jaar wat hy as hoofseun verkies is).

In die Mnr. Dokkie kompetisie is Tyran Marincowitz en Louis Smal onderskeidelik as die tweede prins en eerste prins gekroon.

Christely Meintjies en Zoey Engelbrecht is in die Mej, Dokkie kompetisie onderskeidelik as die tweede prinses en eerste prinses gekroon.

*Meer oor die kompetisie in ons gedrukte koerant.

Die Mej. Dokkie wenners saam met Lea Bresler (heel links), 2023 se Mej. Dokkie. Van links: Lea Bresler (Mej. Dokkie 2023), Zoey Engelbrecht (eerste prinses), Emma Healy (Mej. Dokkie 2024) en Christely Meintjies (tweede prinses). Foto: Christiaan Cloete
Louis Smal (eerste prins), Luka Pretorius (Mnr. Dokkie 2024), Tyran Marincowitz (tweede prins) en Xander Anley (Mnr. Dokkie 2023). Foto: Christiaan Cloete
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version