NewsSport

Netbaldag ten bate van skool ‘n sukses

Dit was ‘n netbaldag vir ‘n goeie doel.

MEYERTON – Daar was vuurwarm netbal aksie op Destinataskool se bane toe 21 netbalspanne dit op 30 Augustus teen mekaar uitgespook het tydens ‘n netbal-pretdag.

Dit sluit junior spanne (tussen 10 en 13 jaar), o25 vroue, vroue bo 25 en gemengde spanne in.

Volgens Danelle Dreyer, ‘n plaaslike sakevrou en organiseerder van die toernooi, is die toernooi ten bate van Destinataskool gehou.

Daar was ook pryse vir die besgeklede span en die span met die meeste gees.

Bomb Squad het in die afdeling vir gemengde spanne gewen, terwyl Vereeniging Netbalklub die damesafdeling gewen het en Besige Bytjies die junior-afdeling.

Riana Greyling van “Die Anties” in aksie tydens die netbaldag. Foto: Christiaan Cloete
Laerskool Midvaal se “Besige Bytjies”-span moedig ander spanne aan langs die netbalbaan. Foto: Christiaan Cloete
By die netbal-pretdag. Van links: Nicky Lötter (voorsitter van Destinataskool se beheerliggaam), Danelle Dreyer (toernooiorganiseerder), Gert Potgieter (waarnemende skoolhoof: Destinataskool) en Ilana Grundlingh (hoofskeidsregter). Foto: Christiaan Cloete
Nicolene Bernhardt (onderkaptein van Vereeniging Netbalklub) en Marianne van Wijk (senter van die Hungry Hippos) ding mee op die netbalbaan tydens die netbal pretdag. Foto: Christiaan Cloete
Bomb Squad het in die afdeling vir gemengde spanne gewen.
Vereeniging Netbalklub het die damesafdeling gewen.
Laerskool Midvaal se “Besige Bytjies” het die junior-afdeling gewen.
Lynca Meats se span is een van talle spanne wat tydens die netbaldag meegeding het. Foto: Christiaan Cloete

 

Back to top button