Babelse verwarring laat Metz-saak sloer

Die broers en hul ma is nog nie gevonnis nie.

*Die storie het eerste in ons gedrukte koerant verskyn. Koop ons koerant op Vrydae en ondersteun plaaslike joernalistiek.

BENONI – Die voorvonnisverrigtinge van die Metz-broers van Leeuhof en hul ma is Maandag in die rondgaande hooggeregshof in Benoni tot stilstand geruk weens taalprobleme.

Die broers, Raymond Metz (21), Shane Metz (24), Simon Anton ‘Babatjie’ Metz (18) en hul ma Lindi Falch (44) is in April aan die moord op Benjamin Lotz (52) skuldig bevind en moet nou gevonnis word.

Voorvonnisverrigtinge kon vroeër die week egter nie voortgaan nie omdat die verdediging nie tevrede is met die voorvonnisverslae wat deur maatskaplike werkers van die staat opgestel is nie.

Die verslae word deur die hof gebruik in besluitneming oor ‘n gepaste vonnis.

Charles de Beer, die broers en hul ma se regsverteenwoordiger, het aan regter Carla van Veenendal verduidelik dat maatskaplike werkers van die staat die veroordeeldes in Engels ondervra het, terwyl hulle almal Afrikaans is.

Volgens de Beer is die verdediging nie gelukkig met die verslae nie.

Hy het daarom vir uitstel gevra.

Regter van Veenendal het die saak tot 10 Desember (voorlopige hofdatum) uitgestel om die verdediging kans te gee om sy huis in orde te kry.

Die veroordeeldes se borgtog is verleng tot en met hul volgende hofverskyning. In Junie vanjaar is die vonnisoplegging ook uitgestel nadat die Metz-broers en hul ma se geld blykbaar opgeraak het en die verdediging nie privaat maatskaplike werkers kon betaal om die veroordeeldes te evalueer en ‘n voorvonnisverslag op te stel nie.

Die verdediging het daarna die staat genader.

De Beer het tydens die vorige hofverskyning gesê hy voorsien probleme omdat die maatskaplike werkers wat die staat toegeken het, almal Engelssprekend is Die oorledene, Benjamin Lotz (52). en die veroordeeldes Afrikaans praat.

Exit mobile version