Sukses vir Ashley nadat sy van perd af val

Sy is vir die Gauteng-ruiterkunsspan gekies wat vandeesmaand aan die South African National Equestrian Schools Association (SANESA) se ruiterkunskompetisie deelneem.

*Die storie het eerste in die gedrukte weergawe van Vaalweekblad verskyn. Kry ons gedrukte koerant op Vrydae vir al die jongste nuus.

MEYERTON – Hulle sê dit gaan nie oor hoeveel keer jy val nie, maar eerder oor hoeveel keer jy jouself afstof en weer opstaan.

Ashley Burger, ‘n graad ses-leerder van Laerskool Risiville, is gekies vir die Gauteng-ruiterkunsspan wat in September aan die South African National Equestrian Schools Association (SANESA) se ruiterkunskompetisie sal deelneem.

Indien sy hier goed doen kan sy haar SuidAfrikaanse kleure verwerf en punte vir haar skool aanteken.

Ashley Burger nadat sy van haar perd af geval het.

Dit was egter nie ‘n maklike pad tot hier nie. Ashley is beseer toe sy tydens haar eerste SANESA-kompetisie in Januarie vanjaar van haar perd, Golden Lion, afgeval het.

Volgens Ashley se pa, Henry Bothma, het Ashley hard geoefen, somtyds tot laat in die aande, en aan verskeie kompetisies deelgeneem om meer ondervinding op te doen.

Sy het intussen heelwat eerste plekke, asook derde en vierde plekke behaal.

Ashley is toe op grond van haar prestasies vir die Sedibeng A-span gekies,” vertel Henry.

Ashley is verbonde aan die Seyuniqueperdryakademie in Kookrus en word deur die perdryafrigter Chanelle Louw afgerig.

“Ons bedank die Seyunique Riding School, in besonder Chanelle (Louw) en Claire (Bothma), sowel as Laerskool Risiville wat erkenning gee aan Ashley se prestasies en gereeld daaroor skryf in die skool se nuusbrief,” sê Henry.

Ashley Burger op haar perd, Golden Lion.
Exit mobile version