Lekkergoedman van Vereeniging glo ontvoer

Skote het Donderdagoggend deur Vereeniging se middestad weergalm.

VEREENIGING. – Skote het Donderdagoggend by die Mimosa Sweets-lekkergoedwinkel in Smutslaan in Vereeniging geklap.

Ooggetuies op die toneel sê die eienaar van die winkel, Irfaan Dadabhay, is ontvoer.

Iemand is glo in die been geskiet.

Mense word gevra om die gebied te vermy.

Vaalweekblad het navrae aan die polisie gestuur.

*Hierdie is ‘n ontwikkelende storie. Vaalweekblad sal die berig opvolg sodra ons meer inligting ontvang.

Exit mobile version