News
Gewapende rooftog by River Square
Skote het glo vanoggend by River Square-winkelsentrum geklap.
VEREENIGING. – Lede van die publiek word gevra om Ingang 1 van die River Square-winkelsentrum te vermy.
Dit volg ná ‘n gewapende rooftog vroeër vanoggend.
Die polisie, veiligheidsbeamptes en paramedici is tans op die toneel.
*Hierdie is ‘n ontwikkelende storie. Vaalweekblad sal later meer breedvoerig berig indien ons meer inligting ontvang.