Op 31 Augustus gaan die enjins weer brul!

Ultimate Outlaws is op die ou Vaalskou-terrein op die hoek van Nick Botha- and Boy Louwlaan, Vereeniging.

VEREENIGING. – Almal met ‘n liefde vir motorsport, staan nader: Op Saterdag, 31 Augustus, gaan die enjins weer brul by Ultimate Outlaws Raceway. Gedurende die wintermaande was daar nie byeenkomste nie, maar met die warmer seisoen om die draai is dit ook weer tyd vir vuurwarm enjins!
Daar wag hope aksie en groot opwinding wanneer vinnige voertuie kragte meet in die junior ontwikkelingsafdeling en in die klasse vir Stockrods, 1660’s, 2L Hotrods, Hotrods en Sprints.
Hekke open die middag om 13:00 en die wedrenne begin om 17:00.
Toegang is R50 per persoon. Kinders jonger as vyf kom gratis.
Ultimate Outlaws is op die ou Vaalskou-terrein op die hoek van Nick Botha- and Boy Louwlaan, Vereeniging. Meer besonderhede oor die byeenkoms is beskikbaar by
082 222 3365.

Aksie tydens ‘n vorige byeenkoms by Ultimate Outlaws Raceway. Argieffoto: Elsje Vermeulen.

 

Exit mobile version