Familie op soek na vermiste Marcel Botha

Marcel Botha se familie is op soek na hom. Hy is laas in die omgewing van Vereeniging gesien.

VEREENIGING. – Die 45-jarige Marcel Botha word deur sy familie gesoek.

Marcel is ‘n oud-leerder van Hoërskool Vereeniging, wat in 1996 gematrikuleer het.

Volgens Marcel se suster, Monique Botha, wat in Mosselbaai woonagtig is, het sy hom so 6 jaar gelede gesien.

Monique verduidelik: “Hy is van sy kinders vervreem nadat ‘n hofbevel uitgereik is. Ek is dus sy enigste familie oor.”

“Hy het so elke twee maande ingecheck, maar die afgelope jaar paar jaar het ons hom glad nie gesien nie. Hy was siek gewees toe ek laaste met hom gepraat het.”

“Sy foon was die afgelope jaar af en vanoggend het dit vir die eerste keer weer gelui. Wie ookal sy sim het wil nie antwoord nie,” vertel Monique.

Mense wat weet waar Marcel Botha hom bevind kan vir Monique Botha by 078 761 3979 skakel.

Die vermiste Marcel Botha.
Marcel Botha.
Exit mobile version