Rietspruitbrug herbou

Die brug tussen Vanderbijlpark en Potchefstroom is op 18 Februarie 2023 ernstig beskadig ná swaar reën.

VANDERBIJLPARK. – Die brug oor die Rietspruit is eindelik weer herbou.

Dit volg na voortdurende druk van die VF Plus in die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit op Gautrans.

Die brug is weer op Maandag 22 Julie in gebruik geneem.

Die brug tussen Vanderbijlpark en Potchefstroom is op 18 Februarie 2023 ernstig beskadig ná swaar reën.

Die brug tussen Vanderbijlpark en Potchefstroom is op 18 Februarie 2023 ernstig beskadig ná swaar reën.

Motoriste moes van ‘n alternatiewe roete gebruik maak om hul bestemmings te bereik.

Die plaaslike gemeenskap het kort ná die voorval besluit om die aangrensende laagwaterbrug wat in 1929 gebou is, weer toeganklik te maak.

Net ligte voertuie kon egter die brug gebruik.

Volgens Sybrand Smit, ‘n VF Plus-raadslid by die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit, het die VF Plus het voortdurend druk op Gautrans geplaas om die Rietspruitbrug te herstel.

Gautrans het in Maart vanjaar begin met die herbou van die brug en dit is tot groot verligting van die gemeenskap Maandag heropen.

Smit sê: “Hierdie is weereens ‘n bewys dat die VF Plus alles in sy vermoë sal doen om owerhede te dwing om beskadigde infrastruktuur te herstel tot voordeel van die gemeenskap.”

Sybrand Smit van die Vryheidsfront Plus. Foto: Facebook

 

Exit mobile version