Centurions verdryf winterkoue met reuse vuur

Hierdie bikers weet hoe om die "winter blues" te verdryf.

VANDERBIJLPARK – Hoe maak mens om die winterkoue te verdryf?

Jy skink ‘n glasie sjerrie, maak ‘n massiewe ‘vagevuur’ en nooi soveel bikers as moontlik van regoor die Vaaldriehoek en elders om die geleentheid saam met jou te kom geniet.

Die Centurions-motorfietsklub se Bonfire & Sherry Festival het verlede Saterdag bikers van heinde en verre gelok.

Een van die hoogtepunte was natuurlik toe die groot vuur omstreeks 17:00 aangesteek is.

Vaalweekblad se Christiaan Cloete het gaan inloer en ‘n paar foto’s geneem.

Die vuur brand helder en warm by Centurions-motorfietsklub se klubhuis. Foto: Christiaan Cloete
Jannie Hefer (Megaforce Brotherhood-motorfietsklub), Piet Kawa (Foreigner-motorfietsklub) en Zet Oosthuizen (Sons of El-Shaddai-motorfietsklub) geniet ‘n oomblik saam tydens Centurions-motorfietsklub se saamtrek. Foto: Christiaan Cloete
By Centurions-motorfietsklub se Bonfire & Sherry Festival, van links: Jean-Jacq Coetzee, Gerhard van Driel (president van die Centurions-motorfietsklub), Johan van Zyl en Louis van Niekerk. Foto: Christiaan Cloete
Abby Nel en Corlene Pieterse van Foreigner-motorfietsklub tydens die Bonfire & Sherry Festival. Foto: Christiaan Cloete
Die plaaslike sanger Sean Miles vermaak die gehoor met sy eie, stoute weergawe van Ai My Lam, tydens die Centurions-motorfietsklub se Bonfire & Sherry Festival. Foto: Christiaan Cloete
Antonie Groenewald, Lizelle Graaff en Wilna van Druten het die kontantkroeg beman. Foto: Christiaan Cloete

 

 

Exit mobile version