Local newsNews

Ons weet wat ons weet

Die jongspan reken daar is sommer baie lekker dinge om elke dag te doen, van popspeel tot by wiskunde...

Wat is die lekkerste ding om in die dag te doen? ‘n Paar van Klein Paradys Na-skool se jongspan het Gerda Bruinette weer eens verras met hul spitsvondighed.

Mieke Myburgh: As ek klaar my kossies geëet het, dan kry ek sweets. Dit gebeur elke dag.

Kiane Blume: Die lekkerste is om te swem, roomys te eet en hot tjoklit te drink. Ek kan ook al ‘n bollemakiesie maak

Cobus van Wyk: By die skool is ek mal daaroor om wiskunde te doen en sokker te speel. By die huis kyk ek The Floor is Lava. My ma wil nie hê ek moet rugby speel nie.

Nichard Fourie: Ek geniet rugby saam met my vriende. Ek kyk baie televisie en my hele kamer is vol dinosourusse.

Lianke Nagel: Ek hou baie van roller blading. Ek het groen en swart roller blades wat te klein is vir my boetie. Verder hou ek van teken en verf. Ek teken hartjies en blommetjies en verf unicorns, wolke, huise en gras.

Kaylee van Tonder: Ek geniet dit om saam met my sussie met my poppe te speel. Dan speel ons familie ook board games en kyk saam movies. En ek geniet videospeletjies

Back to top button