NewsSport

Sesjarige skop 4 medaljes by SA-kampioenskap los

Sy is klein, maar goed deur haar sensei getrain.

MEYERTON. – Klein Alesea Robbertse (6) van Meyerton Fighting Systems het altesaam vier medaljes by die Suid-Afrikaanse Skopboksvereniging (SAKA) se nasionale kampioenskap ingepalm.

SAKA se nasionale kampioenskap het tussen 25 en 28 April in Potchefstroom plaasgevind.

Alesea en haar sibbe, Eliana en Hendré, word deur Sensei David Kies van Meyerton Fighting Systems afgerig.

Klein Alesea Robbertse (6) van Meyerton Fighting Systems saam met Sensei David Kies en die medaljes wat sy by die Suid-Afrikaanse skopbokskampioenskap ingepalm het. Foto: Christiaan Cloete

 
Back to top button