News

Mishandelde seuntjie (2) sterf nadat long platval

Hy was maar 2 jaar, 6 maande en 22 dae op aarde voor sy lewe tragies kortgeknip is.

*Die volledige berig het eerste in die gedrukte weergawe van Vaalweekblad verskyn. Kry ons gedrukte koerant op Vrydae vir al die jongste nuus, eerste.

VEREENIGING. – ‘n Kleuter wat in 2023 uit die sorg van sy biologiese ma (36) en haar saamleefmaat (31) weggeneem is omdat hy en sy sibbe aan haglike omstandighede blootgestel, is, is 22 Mei dood nadat sy linkerlong platgeval het.

Die seuntjie het volgens familielede sedert ‘n vroeë ouderdom met sy gesondheid gesukkel en was kort-kort in die hospitaal nadat hy uit sy ma se sorg geneem is.

Die klein kissie tydens die begrafnis by die Klipkerk in Vereeniging. Foto: Christiaan Cloete

Hy was maar 935 dae (of 2 jaar, 6 maande en 22 dae) op aarde voordat sy lewe tragies kortgeknip is.

Die seun se ma en haar saamleefmaat is in November verlede jaar op aanklagte van mensehandel en verkragting in hegtenis geneem. 

Dit nadat sy glo haar 9-jarige dogter vir seks aan volwasse mans uitgehuur het.

Die ma is borgtog geweier en is steeds in aanhouding terwyl die saak voortduur. Haar naam is aan Vaalweekblad bekend, maar ons mag dit nie publiseer nie.

Lees oorspronklike berig hier.

Die seun (2) is dood nadat sy long platgeval het. Vaalweekblad mag hom nie identifiseer nie. Foto: Christiaan Cloete

Ons mag ook nie die naam van die seuntjie publiseer nie. Volgens Madelein Pretorius (34), die seuntjie se pleegma, het sy en haar man, Kobus Bossert, die seuntjie vir brandwonde aan sy koppie behandel, kort nadat hy van sy ma af weggeneem is.

Die kleuter het glo die besering opgedoen toe ‘n speelmatrassie aan die brand geraak het en sy kop geskroei is.

Volgens Pretorius het hy sedert dié voorval “stuipe” gekry.

Hy het sedert hy uit sy ma (36) se sorg weggeneem, is gereeld aanvalle gekry en was kort-kort in die hospitaal.

Madelein vertel dat hy op die dag van sy dood nog met sy rooi speelgoedmotorfietsie gespeel het, en later ‘n happie brood en ‘n bietjie koeldrank gedrink het.

Madelein het hom daarna op sy bed neergelê.

Sy het later onraad vermoed omdat hy bleek gelyk het en hom na die hospitaal geneem.

Sy wangetjies was nie rooi soos dit altyd was nie. Dit het gelyk of hy weer stuipe gaan kry,” vertel die pleegma.

Met aankoms by die hospitaal het persooneel alles moontlik vir hom gedoen. Hulle kon egter nie sy lewe red nie.

Familielede vertroos mekaar by die seun se begrafnisdiens by die Klipkerk in Vereeniging. Foto: Christiaan Cloete

Volgens Madelein het ‘n nadoodse ondersoek bepaal dat sy linkerlongetjie platgeval het.

Madelein vertel: “Hy is vir ons gegee deur die welsyn. Ons het sy wonde behandel en hom op datum gebring met sy insputings.”

Hy was en sal vir altyd ons ‘bloed’ bly en ons baba bly. Hy was my hart se punt en ons hele wêreld. “

Hy het ons altyd laat lag, oral waar ons gegaan het. Ons harte is gebreek en ons het ‘n groot deel van ons verloor,” sê sy.

Die klein kissie word by die kerk uitgedra deur (van links), Elese (ouma), Kristoe (biologiese pa), Eddie (naaste familielid) en Boeta (neef).  Foto: Christiaan Cloete

Back to top button