NewsSport

Cobra-gif te sterk vir Bijlers

VANDERBIJLPARK. - Die eerste rugbyspan van die Sasolburg Cobras het Satedag in Vanderbijlpark sy seisoen op 'n hoë noot afgeskop toe hy Vanderbijlpark Rugbyklub oortuigend met 59-22 geklop het.

Die vriendskaplike kragmeting het op Vanderbijlpark se tuisveld plaasgevind en hoewel die tuisspan ‘n harmansdrup begin beleef het, het hy in die tweede helfte veel beter vertoon.

Dit is egter vroeg in die seisoen en hoewel die fiksheid en hantering nie wens is nie het die kragmeting met tye goeie hardlooprugby opgelewer. Ondanks die uitslag is kombinasies en diepte in wedstrydverband getoets en dinge kan hiervandaan net beter gaan.

Die skrumskakel van Vanderbijlpark Rugbyklub se eerste rugbyspan bring verligting met ‘n taktiese skop. Foto’s: Ettienne van Rensburg

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za More »
Back to top button