HealthLifestyleNewsOpinions

DIT is die redes waarom bejaardesorg in tehuise so duur is

Ons kry baie mense wat dink 'n bejaardetehuis “bestaan” net, maar hoe bestaan so 'n instansie' sonder om huur te vra, sonder om donasie te kry, en die bietjie hulp wat ons van die staat kry, is net n drupel in die emmer.

 

Febe Von Wielligh, ‘n kenner op die gebied van bejaardesorg, skryf:

Met verwysing na ‘n brief “Moenie ons te vroeg begrawe nie” wat in Vaalweekblad sowel as op die online-weergawe van die koerant gepubliseer is: Ek wil graag reageer op die gedeelte van die hoë verblyfkostes waarna verwys word, en verder oor Bejaardheid, die impak van oud word, verstaan ons die oud word proses, en vele meer. Ek skryf tans my Doktorsgraad oor “Ageing, understanding ageing, the losses and preparing families and elders for ageing and Alzheimers.”

Ek en my man werk vir die afgelope 5 jaar by ‘n Bejaardetehuis as Administrateurs. Hierdie is ‘n privaat Bejaardetehuis Baie mense dink dat hulle gratis, of vir baie min, in ‘n Bejaardetehuis moet kan woon. Aftrede is gewaarborg vir almal. Ons almal word oud en ja, ongelukkig, hoe ouer ‘n mens word hoe meer mediese hulp en medikasie het mens nodig. Ons kry baie mense wat dink ‘n bejaardetehuis “bestaan” net, maar hoe bestaan so ‘n instansie’ sonder om huur te vra, sonder om donasie te kry, en die bietjie hulp wat ons van die staat kry, is net n drupel in die emmer.

Die Bejaardetehuis het twee afdelings. Die een gedeelte is vir die wat nog na hulle self kan kyk (95) en die Verpleeg-afdeling wat 24 huur versorging voorsien. Daar is tans 55 bejaardes in die afdeling. Die hele Tehuis word voorsien van drie etes per dag, 7 dae ‘n week waarvan vleis/vis of hoender elke dag ingesluit is. Hulle wasgoed word vir hulle gewas, al die skoonmaakdienste en hulle word vervoer dorp toe een keer ‘n week, hulle word vervoer na hospitale en Doktors. Hulle het gratis 24 huur wi-fi & daar is DSTV beskikbaar vir die wat dit graag wil gebruik. Dis maar net n paar van die voordele wat as minimum verwag word

Hierdie is die jaarlikse uitgawes:
Catering: R4 million
Household: R1.2 million
Administration: R3.3 million
Nursing department: R3.8 million
Transport: R700 000
Technical: R1.2 million
Social work & events: R250 000

Personeel is maar soos oral die duurste uitgawe en as ons nie +/- 20 vrywilligers gehad het wat hulle dienste gratis aanbied nie, sou hierdie uitgawe nog meer gewees het – Ek hoop dit gee bietjie meer insig in die bedryfsuitgawes van ‘n bejaardetehuis.

Back to top button