VEREENIGING – Sy spog met meer as 76 000 followers op Instagram en het sedert sy haar stempel as influencer begin afdruk het, baie bekendheid verwerf.
Dis Aletta Francina de Kok se splinternuwe stand-up vertoning, bied ’n komiese en eerlike blik op haar huidige lewe – met al die snaakse, aweregse en downright bisarre dinge wat daarmee saamkom.
Daar word gewaarborg dat sy soos altyd haar skerp humorsin en natuurlike aanvoeling vir storievertelling gaan lewer, wat toeskouers beslis sal laat lag.
“Kom lag saam en ontmoet die vrou met die mooiste kuite in die land, want met Aletta is niks ooit heeltemal normaal nie,” nooi Barnyard Vereeniging.
Die vertoning op 14 Maart begin om 20:00 en kaartjies beloop R220 pp.
Die Barnyard nooi egter gaste om voor die show lekker te kom saam kuier.
* Barnyard Vereeniging spog met van die beste tegnologie kunsbeligting, klank en audiovisuele stelsels om topgehalte vertonings aan te bied. Kontak hulle om hoë gehalte konferensies en vertonings aan te bied.