Local newsNewsNews

Penkoppe verdien Voorslagtoekenning

Knap gedaan aan die voorslag Vories.

VANDERBIJLPARK – Die Orion Voortrekkerkommando is trots op drie van hul graad sewe Vories.

Maarten van Helden, Reuben Chalmers en Michael Schoeman het hul laerskoolloopbane in die Voortrekkers op ‘n hoogtepunt afgesluit deur die evaluering van die Voorslagtoekenning met vlieënde vaandels te slaag.

Maarten het goud gekry en Reuben en Michael silwer.

Adjunk-kommandoleier, Andries Visagie, sê die Voorslagtoekenning is gefokus op leierskap volgens die Voortrekkers se beginsels van Afrikanerskap, burgerskap, Christenskap en diensbare leierskap.

Hierdie was die driemanskap se laaste jaar as penkoppe in die Voortrekkers. Van graad agt af sal hul as Verkenners bekend staan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button