Penkoppe verdien Voorslagtoekenning

Knap gedaan aan die voorslag Vories.

VANDERBIJLPARK – Die Orion Voortrekkerkommando is trots op drie van hul graad sewe Vories.

Maarten van Helden, Reuben Chalmers en Michael Schoeman het hul laerskoolloopbane in die Voortrekkers op ‘n hoogtepunt afgesluit deur die evaluering van die Voorslagtoekenning met vlieënde vaandels te slaag.

Maarten het goud gekry, Reuben silwer en Michael brons.

Adjunk-kommandoleier, Andries Visagie, sê die Voorslagtoekenning is gefokus op leierskap volgens die Voortrekkers se beginsels van Afrikanerskap, burgerskap, Christenskap en diensbare leierskap.

Hierdie was die driemanskap se laaste jaar as penkoppe in die Voortrekkers. Van graad agt af sal hul as Verkenners bekend staan.

Exit mobile version