Klik en kyk... 'n Fotobeeld van die Solidariteit Helpende Hand Vanderbijlpark Tak se eerste handemark by Laerskool Totius.
Gerda Bruinette
Tania en Milanka McDonald by die Downsie Liefde stalletjie waar alles van blikbekers tot sonhoedjies handgemaak was. Foto's Gerda Bruinette
VANDERBIJLPARK – Solidariteit Helpende Hand se tak in Vanderbijlpark het verlede Saterdag hul eerste Handemark by die Laerskool Totius gehou.
Daar was verskeie stalletjies met handgemaakte produkte, lekkernye om te eet en natuurlik iets koel vir die keel.
Oud en jonk het die dag geniet. Nie-bederfbare kos wat ingesamel is gaan na Totius se koskas, terwyl die fondse vir Solidariteit Helpende Hand se studiefonds aangewend sal word.