Local newsNewsNews

Iets vir almal by Helpende Hand se Handemark

Klik en kyk... 'n Fotobeeld van die Solidariteit Helpende Hand Vanderbijlpark Tak se eerste handemark by Laerskool Totius.

VANDERBIJLPARK – Solidariteit Helpende Hand se tak in Vanderbijlpark het verlede Saterdag hul eerste Handemark by die Laerskool Totius gehou.

Du Randt Dry en Lumay Jordaan het die hondevertoning van Security without Borders baie geniet.

Daar was verskeie stalletjies met handgemaakte produkte, lekkernye om te eet en natuurlik iets koel vir die keel.

Totius se vriendelike personeel het die Ribburgerstalletjie beman. Van links is Chantelle van Niekerk, Amanda Potgieter, Carmen Wellsted en Duanie Fourie.

Oud en jonk het die dag geniet. Nie-bederfbare kos wat ingesamel is gaan na Totius se koskas, terwyl die fondse vir Solidariteit Helpende Hand se studiefonds aangewend sal word.

Tina Weygertze van Vereeniging by haar Sweetie Apteek – daar was “pille” vir elke kwaal van hoofpyn tot buierigheid.
Sonland Kleuter en Naskool in Vanderbijlpark se span het ekstra groot pannekoek gebak. Van links is Rochelle van Niekerk, Tanit Hurter, Lucas en Sonika Dry.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Back to top button