Local newsNewsNews

Valies rol ‘n bol vir ‘n goeie doel

Die Vaaldriehoek se sakelui het saamgestaan om fondse vir borskanker in te samel

VANDERBIJLPARK – Alle borsverwante grappies en stoute woordspelings was toelaatbaar tydens die OFM Bowling for Boobies liefdadigheidsgeleentheid wat Donderdag, 3 Oktober by die Vanderbijlpark rolbalklub aangebied is.

Dié prettige inisiatief vorm deel van die Pienktober-veldtog wat jaarliks in Oktober plaasvind om bewustheid oor borskanker te bevorder.

Ons land se skonergeslag word aangemoedig om gereeld ondersoeke te laat doen.

Aksie tydens die Bowling for Boobies rolbaltoernooi vir liefdadigheid.
Die stilte voor die rolbalstorm. Foto’s: Ettienne van Rensburg
Aksie tydens die Bowling for Boobies rolbaltoernooi vir liefdadigheid.
Aksie tydens die Bowling for Boobies rolbaltoernooi vir liefdadigheid.
Aksie tydens die Bowling for Boobies rolbaltoernooi vir liefdadigheid.

Met spanname soos Double D’s en HakunaMa-Tieties was dit net ‘n voorsmakie wat die geleentheid sou oplewer.

Soos hulle sê hoe later hoe kwater. Die fondse wat ingesamel is, is aan KANSA geskenk.

Die geleentheid het sakelui en gemeenskapslede van regoor die Vaaldriehoek gelok om ‘n goeie saak te ondersteun.

Die fondse wat ingesamel word help met mediese uitgawes en bied ondersteuning aan pasiënte wat deur die finansiële en emosionele uitdagings van borskanker gaan.

Bowling for Boobies bied nie net hulp aan slagoffers nie, maar skep ook ‘n samehorigheidsgevoel in die gemeenskap.

Pienktober is ‘n simbool van hoop in die stryd teen borskanker.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Ettienne van Rensburg

Ettienne van Rensburg is an acclaimed journalist with a legacy of award winning work. He is the Editor of Ster South and Sports Editor of Vaalweekblad. Email: ettienne@mooivaal.co.za More »
Back to top button