Local newsNewsNews
Spoedvrate trek saam in Vereeniging
Die sosiale kant van Ultimate Outlaws Raceway Kampioenskappe vasgevang.
VEREENIGING – Saterdag het toeskouers van vroegmiddag ingestroom, die vure is aangesteek en die koelersakke reg geskuif.
Dit was weer tyd vir Ultimate Outlaws se 2024 Kampioenskappe by die Ultimate Outlaw Raceway.
Al gou het die reuk van petrol en warm bande weer die lug gevul. Op die baan het die verskillende klas motors en Hotrods dit uitgespook, terwyl daar lekker gekuier is op, agter en onder die pawiljoene.
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.