Dankbaarheid, harde werk en kuns gee sin aan die lewe

"Ons WIL en MOET ons allerbeste vir ons kliënte gee en strewe na 'service excellence' in alles wat ons doen," sê Magda Thomas

Na meer as 30 jaar se sake-ervaring in die bandebedryf is daar min dinge wat mev. Magda Thomas nog moet leer. As besturende direkteur van Henry’s TyreWorx (voorheen Henry’s Tiger Wheel & Tyre) behartig sy hoofsaaklik die twee Vanderbijlparktakke se HR, finansiële sake en dag-tot-dag bestuur.

“Ons ervare personeel is die ruggraat van die besigheid. Jy kan die beste, duurste toerusting hê, maar as jy nie toegewyde personeel het wat daarmee werk nie, beteken dit niks. Om dié rede het ons die grootste waardering vir ons uiters bekwame, lojale spanne,” sê Magda.

“In die bandebedryf het ons met mense se veiligheid te doen. Ons WIL en MOET ons allerbeste vir ons kliënte gee en strewe na ‘service excellence’ in alles wat ons doen,” sê Magda.

Bedags werk sy op kantoor en saans skilder sy graag. Sy is ook eienaar van die sakegebou Bethany Place in Schumannstraat, wat onder andere ‘n “Aestetic Spa” en die Vera Black Kunsgallery insluit.

“Ek doen alles wat ek aanpak asof ek dit vir die Here doen. My sakebeginsels is eenvoudig: Wat jy saai, sal jy maai. Wees regverdig in alles, doen jou beste en dank God vir die lewe wat Hy jou gee.”

Henry’s TyreWorx,  127 Rossini Boulevard, Vanderbijlpark (oorkant Vaal Mall). Tel: 016 981 9210.

Henry’s TyreWorx,  Vanderbijlpark CBD, 5A Frikkie Meyer Boulevard. Tel: 016 933 3856.

Magda Thomas

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version