Danksy plaaslike sakeman en bekwame renjaer, Frankie Paiva, is daar ook weer ‘n opleweing in die Ninja-klas vir die jongste ovaalbaan-renjaers, Paiva het agt renmotors aangekoop en beskikbaar gestel sodat dié sportsoort onder die intreevlak-jaers behoue kan bly.
Die kleintjies het soos wafferse klein Michael Schoemachers hul beurt in die kollig geniet voordat die ervare renjaers agter hul stuurwiele ingeskuif het.
Soos altyd was dit veral die Sprints wat vir baie opwinding gesorg het.
Vereeniging se lieflingseun, Jacques Roos, het soos oudergewoonte nie sy aanhangers teleur gestel nie en is danksy skitterende bestuursvernuf nie net met die eerste plek beloon nie, maar beslis nog ‘n paar aanhangers ryker.
Uitslae en nog foto’s van die dag in die week se Vaalweekblad (11 – 17 Oktober).