Local newsNewsNews

Ultimate Outlaws-aksie in Vereeniging

Oktober-aksie op die ovaalbaan by Ultimate Outlaws het beslis nie teleur gestel nie. Die weer was net reg en die jaers oorgehaal vir aksie.

Danksy plaaslike sakeman en bekwame renjaer, Frankie Paiva, is daar ook weer ‘n opleweing in die Ninja-klas vir die jongste ovaalbaan-renjaers, Paiva het agt renmotors aangekoop en beskikbaar gestel sodat dié sportsoort onder die intreevlak-jaers behoue kan bly.

Die kleintjies het soos wafferse klein Michael Schoemachers hul beurt in die kollig geniet voordat die ervare renjaers agter hul stuurwiele ingeskuif het.

Soos altyd was dit veral die Sprints wat vir baie opwinding gesorg het.

Vereeniging se lieflingseun, Jacques Roos, het soos oudergewoonte nie sy aanhangers teleur gestel nie en is danksy skitterende bestuursvernuf nie net met die eerste plek beloon nie, maar beslis nog ‘n paar aanhangers ryker.

Uitslae en nog foto’s van die dag in die week se Vaalweekblad (11 – 17 Oktober).

Die Sprints het soos altyd baie aandag getrek. Hier is Johan Strydom op spoed.
Claudett Swanepoel het die derde plek behaal in die Ninja Midgets.
Nog aksie in die NInja Midgets vir die jongelinge.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button