AdvertorialBusinessNewsSponsored

Suster Yoli maak die wêreld beter deur om te gee

"My visie is om mense op te lei om versorgers te wees, deernisvol te wees en om 'n verskil te maak in brose mense se lewens"

Suster Yoli Lingenfelder dos Santos, eienaar van HydraHealth Drips & Wellness Center in Vanderbijlpark, se passie is om ‘n deernisvolle verskil te maak in die lewe van verswaktes.

Sy het haar verpleegopleiding 30 jaar gelede in die Weermag deurloop, kosbare ervaring opgedoen en letterlik deur die wêreld gereis voordat sy in 2023 haar privaatpraktyk in Vanderbijlpark geopen het. Hoewel sy hoofsaaklik ‘n agtergrond in intensiewe sorg het, het sy ook vir vier jaar op passasierskepe verpleeg, vele interessante mense ontmoet en baie van haarself geleer. “Ek het ook besef Suid-Afrikaners hoef geensins terug te staan vir enige land of professie nie,” sê sy.

Haar praktyk, HydraHealth Drips & Wellness Center, se dienste sluit onder andere die verskaffing van vitamien-drips, wondsorg, diabetiese sorg, tuisversorging en mobiele dienste in. Danksy die uitplasing van opgeleide tuisversorgers kan verswakte geliefdes tot 24 uur per dag in die gemak van hul eie huise versorg word.

Vir die diepgelowige Suster Yoli is Jesus die Nommer-1 passie in haar lewe. “My visie is om mense op te lei om versorgers te wees, deernisvol te wees en om ‘n verskil te maak in brose mense se lewens. Soms is die belangrikste ding wat jy kan doen, om om te gee,” sê sy.

* HydraHealth Drips & Wellness Center is in Rossini Boulevard 87, Vanderbijlpark. Tel: 071 394 7294 / 076 828 1890.

Suster Yoli Lingenfelder dos Santos

You can read the full story on our App. Download it here.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button