PenBuddy-projek: Elke potloot tel!

Moet asb. nie ou penne en ander skryfbehoeftes weggooi nie, ondersteun asb. Vaalweekblad se PenBuddy-projek.

Vaalweekblad en al die MooiVaal-publikasies is tans besig met ‘n projek om skryfbehoeftes vir kinders van plaaslike skole wat skryfbehoeftes kort, in te samel.

Bring asb. al die kort potlode, halwe stelle inkleurkryte, uitveërs, ekstra liniale en skêre en selfs boekoortreksels wat jy nie gebruik nie.

Dit wat vir jou nutteloos lyk kan iemand anders help. Vir baie ouers is dit nie meer moontlik om skryfbhoeeftes aan te skaf vir hul kinders nie.

Bring dus asb. al die skryfbehoeftes waarvoor jy nie meer nut het nie – ons sal dit baie waardeer.

Daar is spesiale bokse waar die skryfbehoeftes ingegooi kan word by ons Vaalweekblad-kantoor in SW 5, Vanderbijlpark (23 Deliusstraat), asook by die Biltong Bar in die River Square-winkelsentrum in Vereeniging.

Elke potlood en elke pen kan ‘n verskil maak. Help ons om kinders te help.

Vir meer inligting kontak Elsje Vermeulen by Elsje@mooivaal.co.za

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version