Local newsNewsNews

Jong Valies leer hoe om mekaar te respekteer

AfriForum se Teenboelieveldtogspan en hul gelukbringer, Matteus, het onlangs in die Vaal kom kuier en sowat 1 200 leerders van Laerskool Republiek in Meyerton en Laerskool Kollegepark in Vanderbijlpark toegespreek oor boeliegedrag.

Dié besoeke is in samewerking met Solidariteit en Solidariteit Helpende Hand afgelê.

“Veilige skole bou veilige gemeenskappe, nie net nou nie, maar ook vir die toekoms. Ons wil hê elke leerder moet weet hoe om boelies te identifiseer en die gedrag stop te sit,” verduidelik Tania Scheepers, projek-assistent vir Onderwys by AfriForum.

Die Teenboelieveldtog word al meer as sewe jaar lank by skole oor die hele land heen aangebied.

Leandie Bräsler, gemeenskapsforumkoördineerder by AfriForum, verduidelik waarom hierdie projek so belangrik is: “Ons skep hoop en moedig kinders aan om mekaar met respek te behandel. Deur jong boompies te buig, vorm ons die toekoms van ons gemeenskappe.”

Volgens ’n studie oor boeliegedrag onder laerskoolleerders in Suid-Afrika wat in 2021 op BMC Research Notes gepubliseer is, gaan nagenoeg 58% van alle leerders op die een of ander manier onder boeliegedrag gebuk.

“Ons wil graag verseker dat ons leeromgewing aan elke leerder die geleentheid bied om hulself uit te leef en te ontwikkel om sodoende hul maksimum potensiaal te bereik,” verduidelik Marius Enslin, organiseerder van Laerskool Republiek.

“Ons wil graag leerders wat tekens van boeliegedrag toon, identifiseer om hulle te help.”

Helena Herbst, Tharina Herbst, Jaco Mienie, Tania Scheepers (AfriForum), Mariette Hartley en Mariette van de Werken van Solidariteit Helpende Hand saam Matteus by die LS Kollegepark.

Melanie Peters, waarnemende adjunk- en departementshoof by Laerskool Kollegepark stem saam dat bewusmaking oor boeliegedrag onder kinders van uiters belang is.

“Dit is vir ons noodsaaklik om leerlinge te laat verstaan presies wat ’n boelie is en wat om te doen as jy geboelie word,” sê sy.

Sy maan ook dat ouers en leerders te maklik die woord “boelie” gebruik sonder om die ware betekenis of omvang van ware boeliegedrag te snap en dat bewusmaking die nodige konteks aan die begrip gee.

Vir meer inligting oor AfriForum se Teenboelieveldtog en om die gratis teenboelie- en kuberboeliegidse af te laai, besoek www.teenboelie.co.za.

Tania Scheepers (AfriForum) Nadia Coetzee (Solidariteit) en Matteus by Laerskool Republiek se boelie bokse.

You can read the full story on our App. Download it here.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button