Sterk wind kon Water & Wheel Show nie stuit

Die groot kuier by The Bikers Race Bar se Water & Wheels Show in foto's vasgevang.

VANDERBIJLPARK – Ou motorfietse tot by klassieke motors, baie te ete en drinke, perderitte en sommer lekker kuier was op die spyskaart by The Bikers Race Bar se Water & Wheels Show. Die wind wou lastig raak en stof opwaai, maar dit het nie die pret gestop nie.

Die oomblik was bietjie groot vir Juane en Joannigque Boshoff toe hul voor die bloedrooi Ford Mustang afgeneem word. Foto’s Gerda Bruinette
Wayne Lodder beduie dat een van sy motorfietse wat hy restoureer regtig ‘n nuwe petrol tenk kort.
Baily Rautenbach saam met sy mense ma, Belinda Rautenbach.
Madelaine Foord en Popeye vat ‘n blaaskans. Hulle het mense op perderitte geneem. Die ander span was Hendria Terblanche en Wild Fire.
Bruidegom in wording, Arno Nortjé, het Saterdag bietjie onder sy vriende “gely”. Hier sit hy op Wild Fire se rug, terwyl perdehanteerder, Hendria Terblanche, die perd kalm hou.
Die vriendelike dames by die ingang, Desiré Swartz en Samantha van den Heever.
Neels Rautenbach van Sasolburg het Hot Wheels motortjies verkoop. Hy versamel, koop en verkoop dit al vir 20 jaar.
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version