Nuwe roman met sprankel bekendgestel

Die bibberweer daardie naweek ten spyt, die boekbekendstelling was 'n groot sukses.

VANDERBIJLPARK – Pont de Val het gekook ten spyte van die yskoue weer vroeg in September.

Die Vaalrivier het grys in die koue geblink, maar binne het dit gegons tydens die bekendstelling van Felicia Snyman-du Toit se nuwe roman, Hartklop in kakie.

Stefanie en Francois Botha boots hul voorbladfoto na. Foto’s verskaf deur Felicia Snyman-Du Toit

By die 50 mense het die geleentheid bygewoon, waaronder die boek se voorbladmodelle, Francois en Stefanie Botha.

Skrywers Didi Potgieter, Jaco Versveld en Louise van der Merwe het saam met Felicia in gesprek getree oor die besonderse boek en die liefde in die algemeen.

Die lekkerte van Hartklop in kakie is dat dit eg-Afrikaans is en langs die Vaalrivier afspeel.

Felicia sê dit het alles begin toe haar dogter, Adelie, wou weet wie sal ‘n man in ‘n Boerboelkortbroek date?

“Net daar het ek die held van my boek gevind. ‘n Regte-egte boerseun in ‘n kortbroek wat slaags raak met ‘n nooi uit die stad wat nie heeltemal verstaan hoe werk dinge langs die Vaalrivier nie.”

Hartklop in Kakie is soos al Felicia se ander boeke beskikbaar by boekwinkels soos Bargain Books in die Vaal Mall en Graffiti Books en kan ook aanlyn gekoop word by https://www.lapa.co.za/hartklop-in-kakie as ‘n eBoek of sagteband.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version