Local newsNewsNews

Matriekafskeid-kompetisie volstoom aan die gang

Vaalweekblad se The Incredibles - Matriekafskeid-kompetisie 2024 het afgeskop en plaaslike matrieks word genooi om deel te neem. Inskrywings is gratis.

Die kompetisie is vir matrikulante van Vaaldriehoekse hoërskole.

Verskeie spogpryse is vanjaar op die spel.

Matrikulante kan hul afskeidfoto’s tot 15 November op Vaalweekblad se webblad laai onder die skakel – PROMOSIES – Matriekafskeid 2024 The Incredibles.

Klik op die foto om in te skryf en om al die huidige inskrywings te sien.

Onthou dan om jou vriende en familie te vra om van 22 tot 29 November vir jou foto te stem.

Die top 20 seuns en dogters foto’s wat die meeste aanlynstemme kry, sal daarna in Vaalweekblad gepubliseer word.

Die wenner en twee naaswenners sal vroeg in Januarie in Vaalweekblad aangekondig word.

Foto’s kan van ‘n individu óf n gesamentlike paartjie wees, en kan gesig- of vollyffoto’s wees maar kan net onder een se naam ingeskryf word. Dus moet elkeen apart inskryf om vir die pryse te kwalifiseer.

Meer besonderhede oor die wedstryd is beskikbaar by Elsje (083 417 1059) of epos: Elsje@mooivaal.co.za

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button