Plaaslike sangers tree op ten bate van Vernon

Kom kuier gerus Saterdagaand saam by Die Veiling Restaurant, hoewe 257, Lochvaal, en luister vanaf 18:00 tot 22:30 na plaaslike kunstenaars se musiek.

 

VANDERBIJLPARK. – ‘n Aand vol pret en musiek wag op 5 Oktober by Harry’s Pub & Die Veiling in Lochvaal. Kom luister gerus hoe verskeie van die Vaaldriehoek se plaaslike kunstenaars sake gaan uitspook in die “Battle between local talents”.
Die geleentheid is ten bate van die geliefde sanger Vernon Muso, wat tans teen kolonkanker veg. Toegang is R50 per persoon.

Vernon was verlede week weer in die Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal vir opvolgbehandeling maar beplan om Saterdagaand ook self by die geleentheid op te tree.
Hy het die afgelope twee jaar gesondheidsprobleme gehad wat hy aan ‘n maagseer toegeskryf het. Hy gaan egter deur diep waters sedert hy vroeër vanjaar met kolonkanker gediagnoseer is. Hy kan weens sy siekte nie meer gereeld optree nie en het tans nie ‘n standhoudende inkomste nie.
Vriende van die sanger het besluit om saam te span en Saterdagaand se funksie as ‘n fondsinsameling vir hom te reël.

“Vernon het hierdie droom om einde van die jaar Kaap toe te toer en sy familie te besoek. Sy ma is ‘n rukkie terug oorlede en net daarna sy ouboet. Hy verlang ongelooflik na sy mense, veral sy sus Maryna. Ons wil graag daardie droom van hom waar maak,” sê Alta du Plooy, een van die organiseerders.

* Kom kuier gerus Saterdagaand saam by Die Veiling Restaurant, hoewe 257, Lochvaal, en luister vanaf 18:00 tot 22:30 na plaaslike kunstenaars se musiek. Die organiseerders bedank Harry’s Pub en Die Veiling, wat die venue vir die aand beskikbaar stel.
Mense wat Vernon met ‘n donasie wil bystaan, kan ‘n inbetaling maak aan VR Philander, Standard Bank, Savings ACC number: 27 554 9364, Branch: Bayside, Branch Code: 022209.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version