Unieke foto-uitstalling in Parys

PARYS - ‘n Unieke reisende uitstalling van foto's deur van die beste fotograwe in die land is eersdaags by die Woodlands Country Lodge in Parys te sien.

Dit vorm deel van ‘n uitstalling wat tot 2026 deur die land sal reis as deel van die Photographic Society of South Africa (PSSA) se 70ste bestaansjaarvieringe.

Wat die uitstalling ekstra spesiaal maak vir Valies, is dat puik foto’s deur lede van die plaaslike Vanderbijlpark Fotografiese Vereniging en die Sasol Highveld Photography Club, ook deel is van die uitstalling.

“Wave backflip” deur Danie Smit van die Sasol Highveld Photography Club.

Die 70 foto’s van 70 fotograwe is met sorg gekies uit die 850 inskrywings wat PSSA lede van oor die land ingeskryf het.

Die doel van die uitstalling is om die vaardighede van lede in ‘n verskeidenheid van genres te vertoon.

Foto’s deur PSSA-lede met die hoogste Honneurstitels, tot uitstaande werk deur minder ervare lede is vir die uitstalling gekies.

Die uitstalling in Parys kan van 30 September tot 4 Oktober by die Woodlands Country Lodge besigtig word.

Daarna toer die uitstalling na Potchefstroom van 9 tot 18 Oktober by the Snowflake Gallery. Toegang is gratis en besoekers is welkom.

Vir meer inligting oor die Parys-uitstalling kontak Chris Nel, chrisnel37@gmail.com of 082 891 9944; Potchefstroom uitstalling: Johan Brits, tsawa@yebo.co.za of 082 708 8394.

Hier is ‘n voorsmakie van die top-gehalte foto’s wat op uitstalling gaan wees.

“Subway” deur Haig Fourie van die Vanderbijlpark Fotografiese Vereniging.
“Touching Butterflies” deur Martin Barber van Suidelike Gauteng, die 2024 digitale Impala Trofee wenner.
“Boat to nowhere” deur Johan Brits van die Vanderbijlpark Fotografiese Vereniging.
“Offshore” deur Kim Stevens, die naaswenner van die 2024 Impala trofee kompetisie vir afdrukke.
“Fleeing the storm” deur Karen Coetzee van Klerksdorp Fotografie Klub.
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version