Local newsNews

Probleme met hoë waterverbruik? Hier is goeie raad

Doen hierdie toetse om vas te stel of daar ‘n waterlek is, en of jou watermeter dalk stukkend is.

 

 

Cobus Cato, ‘n staatmaker-inwoner van die Vaaldriehoek met baie jare se kundigheid oor stadsraadsaangeleenthede, het hierdie meningstuk geskryf met verwysing na hoë munisipale waterrekeninge:

 

As inwoners van ons eens baie mooi dorp, Vanderbijlpark, raak ons baie gou opstandig wanneer dinge nie na ons wense verloop rakende ons munisipale rekeninge nie. Ek kan dit baie goed verstaan want ons is nie almal bevoorreg genoeg om in diepte insae te hê in wat aangaan in die munisipaliteit nie.

Gewoonlik haal ons dan ons frustrasies uit op die persoon wat die telefoon antwoord wanneer ons wil kla oor ‘n hoë munisipale rekening, of ‘n skielike waterlek (waarvan daar heelwat was die afgelope tyd), en dis nie noodwendig hulle skuld nie maar ons soek ‘n afblaasplek.

Dat die stadsraad in ‘n finansiële gemors is, is ‘n algemene aanname, en ons voel dan ook dat die hoë rekening die munisipaliteit se manier is om ons verder te belas om hulle finansies te versterk. Dit is nie noodwendig waar nie.

Daar kan verskeie redes wees wat ‘n hoë verbruik op die rekening reflekteer, veral met die waterverbruik. Hier is ‘n wenk of twee om vas te stel waar die probleem moontlik kan lê.

TOETS VIR ‘n WATERLEK

Dis hier waar mense dadelik sê daar is nie ‘n waterlek nie maar verskeie inwoners het die toets gedoen en moes later ‘n loodgieter kry om die lek te soek en te herstel. Hierdie metode is nie ‘n weteskaplike metode nie maar kan ‘n riglyn gee dat daar iets skort.

Metode: Draai ALLE krane in die huis en buitegeboue, toe. Selfs die kraan wat die toiletbak vol tap. Gaan kyk na die meter in die grond om te sien of die syfers draai. Neem ‘n 20 sekonde video van die meter om te sien of die rooi syfers beweeg. As die rooi syfers draai, hoe stadig ookal, kan dit dui op ‘n waterlek iewers en ‘n loodgieter moet gekontak word om die lek op te spoor en te herstel. Die lek sal nie noodwendig vir die blote oog sigbaar wees nie. Wanneer ‘n loodgieter ‘n toets gedoen het en beslis het dat daar nie ‘n waterlek is nie, toets vir ‘n foutiewe watermeter

TOETS VIR ‘n FOUTIEWE WATERMETER

Metode: Draai ALLE krane in die huis, en buitegeboue, toe. Selfs die kraan wat die toiletbak vol tap. Neem ‘n foto van die watermeter. Maak ‘n 20 liter kan/emmer vol met water. Neem weer ‘n foto van die watermeter.

Indien die tweede lesing daarop dui dat 20 liter water getap is, dan is die meter nie foutief nie. Neem ook ‘n 20 sekonde video van die meter om te sien of die rooi syfers beweeg. As die rooi syfers draai, hoe stadig ookal, kan dit dui op ‘n waterlek iewers. As die lesing na die tweede foto daarop dui dat meer as 20 liter water getap is, dan kan die meter moontlik foutief wees en moet dit gerapporteer word by METSI by een van die volgende nommers; 060 548 5990, 087 310 4095, 087 310 3424, 087 310 4109. Alternatiewelik kan ‘n besoek gebring word aan METSI en dit fisies gerapporteer word by die toonbank by Eastmanstraat 3, NW 7.

Groete, Cobus Cato.

You can read the full story on our App. Download it here.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button