Bejaarde veg om lewe na huisaanval

Bejaarde kritiek beseer toe hy op rower in sy huis afkom

VANDERBIJLPARK – Mnr. Jurie Wessels (86), jarelange inwoner van CW1 is Vrydagoggend omstreeks 09:15 in sy huis deur ‘n inbreker aangerand.

Hy het op die rower afgekom nadat hy sy motor uit die motorhuis getrek het en weer die huis ingegaan het vir sy selfoon en beursie.

Die inbreker het van die agterkant die huis betree.

‘n Worsteling het ontstaan en Mnr Wessels het verskeie kopwonde opgedoen.

Sy noodkrete het die die bure se aandag getrek.

Verskeie polisievoertuie was gou op die toneel. Mnr Wessels is tans in die intensiewe sorgeenheid van ‘n plaaslike hospitaal.

Hy woon al vir dekades in die omgewing van Laerskool Frikkie Meyer en is een van NG Moedergemeente se oudste lidmate.

Hy was nog altyd die een wat ander in die hospitaal besoek het.

“Ons kan nou net bid, glo en vertrou”, het sy dogter Rachel Willemse gesê.

Volledige berig in Vaalweekblad van 4 Oktober

 

 

 

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version