AdvertorialBusinessNewsSponsored

Om diere te versorg is Elize se lewensroeping

Deur harde werk en deursettingsvermoë het Elize haar klein besigheid uitgebrei tot 'n volwaardige onderneming

Elize Stols se bekende onderneming, God’s Little Creations, was die bestemming van ‘n reis wat begin het met ‘n diep liefde vir diere en die behoefte om hulle te vertroetel en te versorg. Sy het begin met die verkoop van ‘n paar hondeprodukte by ‘n vlooimark – ‘n klein begin wat haar lewe verander het.

“Mettertyd het ek die moed gehad om ‘n klein gebou in Drie Riviere te huur, en met elke hond wat ek versorg het, het my liefde en passie gegroei. Uiteindelik het ek my eie huis se motorhuis in ‘n honde-parlour omskep, want ek het geweet dit was meer as net ‘n besigheid. Dit was my lewensroeping,” sê sy.

“My kinders was altyd my grootste inspirasie, en saam met my liefde vir diere, het hulle my gedryf om groter te dink.”

Deur harde werk en deursettingsvermoë het Elize haar klein besigheid uitgebrei tot ‘n volwaardige onderneming. Vandag het sy buiten die hondesalon ook drie mobiele grooming-parlours wat na kliënte se huise toe gaan, want Elize glo dat elke hond dit verdien om in die gemak van hul eie omgewing versorg te word. Hondekos, hondeklere en -bykomstighede word ook verkoop.

God’s Little Creations is in Blackwoodstraat 119, Drie Riviere. Kontaknommer: 079 267 0819

Elize Stols

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Retha Fitchat

Retha Fitchat is an experienced part time journalist for Vaalweekblad. WhatsApp: 083 246 0523
Back to top button