Local newsNewsNews

Deneysville se ryk geskiedenis bedreig deur naamverandering

DENEYSVILLE - 'n Dorp met 'n ryk geskiedenis wat sy wortels in die Vrystaatse verlede het, is in 'n stryd gewikkel om sy identiteit te behou.

Die Vrystaatse Departement van Sport, Kuns en Kultuur se plan om die dorp se naam na Lekoa te verander het ‘n golf van verset ontlok.

Inwoners en politieke partye soos die VF Plus en DA betoog dat hierdie besluit nie net ‘n geskiedenisvernietiging is nie, maar ook ‘n onnodige finansiële las op die gemeenskap sal plaas.

Deneysville, wat in 1936 geproklameer is en binnekort sy 100ste bestaansjaar vier, het ’n ryk geskiedenis en is vernoem na Deneys Reitz, voormalige minister van waterwese, en seun van die destydse staatspresident F.W. Reitz van die Vrystaat.

Inwoners meen die Vrystaatse Departement van Sport, Kuns en Kultuur moes eers die publiek geken het in sy voorneme om die dorp Deneysville se naam na Lekoa te verander.

“Die gevoel is sterk dat daar meer gedoen kon word om erkenning te gee aan die ryk geskiedenis van die dorp”.

So sê die VF Plus oor die voorgestelde naamsverandering waarvan inwoners eers op 11 September te hore gekom het. Die party het intussen ‘n formele beswaar teen dié naamsverandering ingedien.

Die VF Plus sê in ‘n verklaring ten spyte van verskeie versoeke vir ’n openbare vergadering in Deneysville, het die departement op 16 September slegs ’n vergadering met gemeenskapsleiers gehou waar geen duidelike redes vir die naamsverandering gegee is nie.

Nie net die VF Plus nie, maar ook die DA meen die voorgestelde naamsverandering sal ‘n groot finansiële las vir alle betrokkenes meebring sonder enige bydrae tot dienslewering, infrastruktuurontwikkeling of plaaslike ekonomiese groei.

“Verder ignoreer die ANC-regering met hierdie voorstel die dorp se geskiedenis en ontwikkeling, wat strydig is met die ooreenkoms van 1994.”

Volgens dié ooreenkoms is munisipaliteite hernoem, maar dorpe en stede se historiese name het behoue gebly.

So is Deneysville se naam behou, terwyl die munisipaliteit Metsimaholo genoem is – uit erkenning van almal se gedeelde geskiedenis en diversiteit.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button