Local newsNewsNews

Vaal-matrieks genooi om in te skryf!

Dis 'n hoogtepunt in enige leerling se skoolloopbaan en beslis iets om te vier! Soos elke jaar help Vaalweekblad om vanjaar se afskeidsgeleenthede onvergeetlik vir skoolverlaters te maak met 'n wedstryd en kans om in die koerant die pronk. Inskrywings is gratis.

Die kompetisie is vir matrikulante van Vaaldriehoekse hoërskole.

Verskeie pretpryse is vanjaar op die spel.

Matrikulante (seuns en dogters) kan hul afskeidfoto’s tot 15 November op Vaalweekblad se webblad laai onder die skakel – PROMOSIES – Matriekafskeid 2024 The Incredibles.

Klik op die foto logo om in te skryf.

Onthou dan om jou vriende en familie te vra om van 22 tot 29 November vir jou foto te stem.

Die top 20 seuns en dogters foto’s wat die meeste aanlynstemme kry, sal daarna in Vaalweekblad gepubliseer word.

Die wenner en twee naaswenners sal vroeg in Januarie in Vaalweekblad aangekondig word.

Foto’s kan van ‘n individu óf n gesamentlike paartjie wees, en kan gesig- of vollyffoto’s wees maar kan net onder een se naam ingeskryf word. Dus moet elkeen apart inskryf om vir die pryse te kwalifiseer.

Meer besonderhede oor die wedstryd is beskikbaar by Elsje (083 417 1059) of epos: Elsje@mooivaal.co.za

You can read the full story on our App. Download it here.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button