Local newsNewsNews

Ons weet wat ons weet: Salarisse

Glimlag 'n slag: Moet leerders ook 'n salaris kry om skool toe te gaan?

By ‘n skool verdien almal salarisse van die kantoortannies tot by die skoolhoof, maar dink die jongspan van Laerskool D.F. Malherbe dat leerders betaal moet word om skool toe te gaan?

Lené du Pont Kinders moet betaal word. Ons leer die hele dag en dan kom ons eers 13:00 uit. Dis lank vir kinders. Dink ons moet bietjie vroeër uitkom ook.

Morné du Plessis Nee. Ons werk mos nie hier nie. Ons moet net in ons boeke werk, maar ons kan nie betaal word daarvoor nie.

Katerien van Tonder Nee, want dis skool. Kinders kan nie soos grootmense salaris kry nie. As jy vir geld werk moet jy vroeg opstaan en ek kan nie vroeg opstaan nie.

MW Schutte Ek dink nie so nie. Kinders leer net, hulle werk nie by die skool nie. Die skooldag is net lank genoeg, anders sou ek nie so slim gewees het nie.

Kian Olivier Sou help as hulle ons sakgeld betaal om skool toe te gaan. Dan kan mens mos die kinders help wat nie kos het nie. Ek wens ons kon elke Vrydag 12:00 huis toe gaan.

Catherine Topham Kinders moenie betaal word om skool toe te gaan nie. Jy moet betaal om hier te wees sodat hulle boeke kan koop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gerda Bruinette

Gerda Bruinette, senior journalist and columnist at Vaalweekblad, writes with compassion and a keen sense of human nature. Always striving to find positive and feel-good stories. Email: gerda@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button