AdvertorialBusinessNewsSponsored

Sandy du Toit – ‘n ware steunpilaar vir die Sakekamer

"Dit is hier waar ek my vlerke gekry het en besef het waar my passie lê: By admin, by funksies reël en by mense," sê Sandy

Toe Sandy du Toit in Januarie 2018 die pos as sekretaresse by die Golden Triangle Chamber of Commerce (GTCoC) kry, was dit ‘n antwoord op gebed.

“Dit is hier waar ek my vlerke gekry het en besef het waar my passie lê: By admin, by funksies reël en by mense. Ek het besef dit verbreed my lewe om soveel mense in verskillende sektors te ontmoet, wat almal ‘n ander deel van jou lewe verryk.  My doelwitte is om elke dag ‘n beter weergawe van myself te word en om ‘n positiewe of blywende indruk op ander mense se lewens te maak, soos baie al op my lewe gemaak het. Om ondervindings en herinneringe te bou is vir my meer waardevol as materiële goed,” sê sy.

Dié ma van ‘n 11-jarige dogter geniet dit om tyd saam my vriende en familie te spandeer en nuwe plekke te sien.

Jaco Verwey, president van die GTCoC, bedank Sandy namens die bestuur vir wat sy vir die Sakekamer doen, vir haar waardevolle ondersteuning aan die sakegemeenskap en dat sy altyd tyd maak om almal te help.

 

Sakemense wat meer van die GTCoC wil weet of wil aansluit, kan ‘n e-pos aan Sandy stuur by: admin@gtcoc.co.za

Sandy du Toit

You can read the full story on our App. Download it here.
Back to top button