Leonie en span is ‘n anker in tye van teëspoed

"Kliëntediens en om die ekstra myl vir ’n kliënt te loop, is vir ons van kardinale belang," sê Leonie Jackson.

Soms tref terugslae ‘n mens wanneer jy dit die minste verwag, soos om skielik gestremd te raak, of as jou eggenoot wegval, of jy al jou besittings in ‘n brand verloor.

Gelukkig is daar instansies soos L.M. Van Schalkwyk Insurance Consultants wat sulke uitdagings namens jou deurdink en alles in plek kry om jou deur donker tye by te staan. Die onderneming is 30 jaar gelede deur mnr. Leon Van Schalkwyk begin en is vandag ‘n gerekende krag in die plaaslike versekerings- en beleggingsbedryf. Die onderneming tel tans onder PPS Investments se Top Tien adviseurs.

Die toegewyde sakevrou Leonie Jackson is nie net bestuurder van die hoofkantoor in Vanderbijlpark nie, maar van die hele maatskappy.

“L.M. Van Schalkwyk Insurance Consultants word steeds volgens tradisievaste familiewaardes soos openlikheid, eerlikheid, noukeurigheid en hartlikheid bedryf. Elke kliënt se unieke behoeftes word deeglik in ag geneem. Kliëntediens en om die ekstra myl vir ’n kliënt te loop, is vir ons van kardinale belang,” sê Leonie.

Dienste en produkte wat onder andere aangebied word, sluit in: Korttermyn-versekering; Risiko-polisse soos lewens- en ongeskiktheidsdekking; Besigheidsdekking; Mediese fonds en mediese versekering; Beleggings, en Testament- en boedelbeplanning.

Gesels gerus met L.M. Van Schalkwyk Insurance Consultants se kundige span om gemoedsrus vir die dag van more te kry.

Adres: Rossini-boulevard 75, Vanderbijlpark.  Tel: 016 931 1130.  E-pos: admin1@lmvs.co.za 

Leonie Jackson.

You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version